Brigitte Bardot

Brigitte Bardot
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboorte 28 September 1934 (1934-09-28)
Parys, Île-de-France
Nasionaliteit  Frankryk
Beroep(e) Aktrise
Sangeres
Aktivis
Aktiewe jare 1952–1973

Brigitte Bardot (* 28 September 1934 in Parys) is 'n Franse aktrise, fotomodel en sangeres. Sy het in die vyftiger- en sestigerjare internasionaal bekendheid verwerf as 'n sekssimbool en vinnig 'n legende geword. Van die flieks waarin sy te sien was, is: And God Created Woman en Contempt.[1]

Nadat sy haar in die sewentigerjare aan die rolprentbedryf onttrek het, verwerf sy bekendheid as 'n politieke aktivis vir diereregte. Haar uitlatings oor immigrasie, Islam in Frankryk, rasvermenging en homoseksualiteit is steeds omstrede. Sy is een van die bekendste ondersteuners van Frankryk se Front National party.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search